Sowat 60 Vrystaatse mediese studente wat al drie jaar in China studeer, gaan glo na Rusland gestuur word waar hulle van voor af met hul studie moet begin. Dit omdat die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika nie hul kwalifikasies erken nie omdat dit glo nie op peil is nie.
So beweer Kgotso Morapela, Vrystaatse leier van die EFF.
Dit is glo omdat die Vrystaatse premierskantoor wat die beursprojekte hanteer, die studente van swak inligting voorsien het, sê Morapela.
Tiisetso Makhele, woordvoerder van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, het gesê hulle wag op die EFF om met hulle oor die saak te praat.
“Die Vrystaatse Provinsiale Regering het ’n komitee gestig wat alle sake rondom die beursprogramme hanteer. Ons sal die saak met die nodige waardigheid hanteer.”
Continue reading…