Die onlangse uitbreking van die dodelike listeriose in Gauteng is nie die grootste probleem wat die provinsiale gesondheidsdepartement in die gesig staar nie. Die min geld tot die einde van die finansiële jaar is vir die DA ’n bron van kommer.
Jack Bloom, die DA se woordvoerder in Gauteng, sê hoewel listeriose moeilik is om te bekamp, het die voorkoming van die siekte in werklikheid ’n minimale impak op die departement se funksionering.
Dr. Gwen Ramokgopa, Gauteng se LUR vir gesondheid, het Dinsdag by ’n voorlegging aan die provinsiale portefeuljekomitee oor gesondheid erken haar departement sukkel om die siekte te bekamp.
Continue reading…